El-Roi - Afrikaans

Studies

Gedigte

God

Israel

Profesiee

Satan

Profete

Profete

a. Waar kom profete vandaan?

1. 'n Profeet word deur God self gekies nog voordat hy gebore word. Jer 1:5
2. God maak Homself bekend aan Sy profete. Num 12:6
3. God maak Sy besluite bekend aan Sy profete. Amos 3:7
4. God spreek deur Sy profete. Luk 1:70 & Hand 3:21

b. Is daar vandag onder die nuwe verbond nog profete?

1. Ja, na Jesus se dood was daar al profete. Hand 13:1
2. Die Woord sê dat een van die geestelike gawes die van profesieë is. 1 Kor 12:10.
3. 1 Kor 14:29 sê ook : "Laat twee of drie profete spreek en die ander dit beoordeel."
4. Openb. 11:13 & Openb 11:10 praat ook duidelik van profete.
5. God sê ook dat in die laaste dae daar mense sal profeteer. Hand 2:17,18

c. Wat van vals profete?

1. Daar sal vals profete wees. 2 Pet 2:1
2. Jesus het self gesê daar sal vals profete wees. Matt 24:11&24
3. Openb 13:13 vertel vir ons wat die valse profeet gaan doen in die tyd van die antichris & wat met hom gaan gebeur in Openb 19:19

d. Wat doen valse profete?

1. Hulle wandel agter hulle eie gees aan. Esegiël 13:3
2. Hulle het 'n leuengees. 1 Kon 22:22 & 2 Kron 18:21
3. Hulle kom in skaapsklere. Matt 7:15
4. Hulle sal tekens en wonders doen. Mark 13:22 & Openb 13:13

e. Hoe weet ons wie is valse profete en wat is valse profesieë?

Moenie elke gees glo nie, stel die geeste op die proef of hulle uit God is. 1 Joh 4:1-3. Onthou, as 'n profesie gegee word en dit word nie waar nie, dan is dit vals. Wees dus waaksaam en laat die Heilige Gees u lei in die waarheid.