El-Roi - Afrikaans

Studies

Gedigte

God

Israel

Profesiee

Satan

Wie was en is Jesus
Wie was en is Jesus

Jesus is deur die Vader gestuur om die egte liefde sigbaar te maak. Sy volgelinge word op hulle beurt ook weer gestuur om deur hulle nuwe, egte liefde vir mekaar, die heerlikheid van God op aarde sigbaar te maak, deur die manier waarop hulle die liefde leef. Daarom geld dieselfde van elke volgende as van Jesus : gestuur om lief te hê.

Johannes 1:1-51, word die leser voorgestel aan Jesus. Hy is die Woord [van God] en self God wat altyd bestaan het, nog voordat die wereld ontstaan het. Hy is ook die Lam van God [1:29], Seun van God [1:34,49], Messias [1:41], Koning van Israel [1:49], en Seun van die mens [1:51]. Hy is draer van Goddelike heerlikheid en kom van die Vader af [1:19-51]. Ook Johannes die Doper [1:19-34] en die Ou Testament [1:21,45] getuig oor Hom.

Die in die begin [1:1] herinner aan Gen 1:1, die begin van die skepping. Al sinspeel Johannes in verse 3 + 4 op die skepping, praat hy eerder oor die nuwe skepping wat God deur Jesus, die Woord, gebring het [vgl 2 Kor 5:17] Jesus word Woord genoem. In die Ou Testament is God se Woord Sy skeppingsdaad [Gen 1:3; Ps 33:6] God se Woord bring verlossing [Ps 107:20; Jes 55:1]. Ook die wysheid van God word verpersoonlik [vgl Pred 8:22] Vir die eerste lesers was die Woord van God se skeppingsdaad en verlossing. Jesus as Woord is dus God se nuwe skeppingsdaad. Die Woord was by God in die sin van 'n intieme band of eenheid met God. Die argument bou op tot die stelling : die Woord was self God [vi] Jesus is na sy aard self God en nie net Goddelik nie. Vers 1 tref ons voor die kop : Jesus is God, en ons sal Hom so sien in die res van Johannes se 21 hoofstukke. Jesus is die Middelaar by die skepping [v 3] en nie bloot 'n tussenganger nie [vgl Kol 1:16-17] Hy is lewe wat lewe gee [11:25;14:6] en lig wat lig uitstraal [8:12; 9:5]

Die Woord is Middelaar by die skepping en by die verlossing.

Lewe as die grond van die mens se bestaan kom van Jesus wat lewe gee [v 4] en die lewe wat Hy gee, lei tot 'n lewe van lig, tot 'n nuwe verlossingsband met die Vader en die Seun. Verderaan noem Johannes dit kindskap van God. Selfs nie die duisternis van ongeloof kan die nuwe lig oorwelding nie [v 5]. Die Woord beklemtoon die onderskeid tussen lig en duisternis, tussen verlossing en verlorenheid, tussen geloof en ongeloof. Duisternis en lig meng nie - dis die een of die ander. Die koms van die Woord het 'n beslissende keuse gebring.

'n Bestaan in die lig beteken om met innerlike kennis en in die regte verhouding met die Vader en die Seun te leef. Die wat Hom aangeneem het, d.w.s. in Hom glo, die reg is vir hulle gegee om kinders van God te word. Dit is die doel van die Woord se koms - dat kinders van die Vader, nadat hulle die uitnodiging aanvaar het, kan aansit by die feesmaal van die Woord : Hulle mag dit doen, nie vanwee eie prestasie of deur afstamming nie, maar alleen op grond van God se goeie Vaderskap. God staan geestelik vir elkeen wat Sy Seun aanneem. God vra wat Hy gee omdat Hy gegee het wat Hy vra.

Jesus word genoem die Enigste Seun [v 14], die unieke, die geliefde [vgl Mark 1:11] Deur sy optrede maak Hy die liefde van Sy Vader sigbaar. Ons kan nou aan die Vader se genade raak omdat Hy onder ons kom woon het. Hy bring ook waarheid as inhoud van die Vader se bekendmaking - die waarheid wat die gelowiges se verlossing kragtig maak [vgl 8:32; 14:6] Die Vader se teenwoordigheid deur die Seun bring vir ons die vrug van al God se bedoelinge, soos dat ons as verlostes kan leef. Sy menswording maak ons lewe die moeite werd. Vers 15 se dat Christus die skat van God se genade gratis kom uitdeel het. Soos God in die OT getrou gebly het aan Sy band met die mens, ten spyte van die mens se weerbarstigheid, so wil God nou deur die Seun genade en waarheid wees vir diegene wat glo en doen. [v 17] Jesus Christus vervul die wet [v 17] Hy voer dit deur tot sy volle betekenis. Vir die van ons wat glo, het die menswording van die Seun van God 'n nuwe uittog of exsodus laat aanbreek. Hy lei ons na die nuwe, na verlossing. Nou kan ons God sien [v 18] deur na Jesus se optrede te kyk.

Duisende mense kyk na Jesus, maar nie almal sien Hom as die Seun van God nie. 'n Katarak van ongeloof benewel hulle uitsig op die mensgeworde Woord. Daarenteen sien die geloofsoog God in Jesus se optrede by en in ons. Joh 1:39 "Kom saam, dan sal julle sien." Dit is waaroor dissipelskap gaan. Kom en kyk. Dissipelskap is 'n uittog uit eie belang en die opwinding van 'n reis saam met Jesus. Dit is ook om met eie oe te kyk en te sien, en nie net van hoorse te lewe nie. Om te sien het dikwels in hierdie Evangelie die betekenis van om te glo. As jou geloofsoog oorgaan, sien jy wie Jesus werklik is, herken en erken jy Hom as die Gestuurde van die Vader.

En wat 'n ondervinding is dit nie om vanaf nou vir die res van die dag by Jesus te bly nie [1:39] En om 'n leeftyd in Hom te bly [15], soos Hy in die gelowige bly [15:4], bring ons by die hart van dissipelskap.

Ons het Hom leer ken en gesien [en dus ook geglo] dat Hy die Lam van God is, Seun van God, Rabbi, Messias, die Een van wie Moses en die profete geskryf het, Koning van Israel. Waar al hierdie titels Jesus se heerlike Messiaskap beklemtoon, fokus die laaste titel Seun van die Mens daarop dat Sy pad deur die kruisdood heen moet gaan.

Weer sien ons dat Jesus se heerlikheid juis le in Sy vernedering wanneer Hy vir sondaars sterf. Vanaf 2:1 - 4:54 vind ons 'n pragtige kringpatroon - die vertelling begin by Kana en die bruilof, en eindig weer by Kana met die genesing van die regeringsamptenaar se seun. Hier sien ons hoe gewone mense met Jesus se heerlikheid kennis maak. Hier word die oue deur die nuwe verplaas. Die Joodse tradisies moet plek maak vir die Messias : die ou reinigingswater moet die nuwe wyn van die Koninkryk van God; die ou tempel word verplaas deur die nuwe opgestane Here, die ou water van Jakob se put by die padkafeetjie Sigar word verplaas deur die nuwe lewende water wat die Messias gee, en die ou aanbidding in Jerusalem en Geresim word vervang deur 'n aanbidding in gees en in waarheid. Die vraag ontstaan nou : Wat beteken Jesus vir my? Die verwysing van die dag in vers 1 kan simbolies dui op Jesus se opstanding, die derde dag, wanneer die nuwe in al sy heerlikheid aanbreek. Dan sal die dissipels 'n nuwe woord onder leiding van die Heilige Gees die wereld moet instuur.

Op 'n Joodse bruilof voor en na 'n ete moet die Jode volgens voorskrif hulself met reinigingswater was. Daarom is daar ses klipkanne wat elk ongeveer 100 liter water hou. Dit sal 'n groot klomp gaste kan skoon kry! Die feit dat die kanne klipkanne is en nie erdekanne nie, getuig, volgens voorskrif [vgl Lev 21:29], van suiwerheid. Die getal ses is ook moontlik simbolies van die onvolmaaktheid van die Joodse godsdienstige tradisies - teenoor die volmaakte getal 7. Die verandering van die water in wyn simboliseer die oorvloedige en onoortreflike gehalte van die nuwe era wat deur Jesus gebring word. Deur Jesus se verskyning en optredes kom God na die mense toe en stort Sy goedheid in oorvloed op hulle uit. Joh 1:17 - "God het die wet deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom - word hier deur wat ons kan noem aanskoulike onderwys verduidelik. Die oue word deur die nuwe vervang. Die wyn wonder illustreer Jesus se Goddellike heerlikheid wat die omstanders aangryp om gelowig daarop te reageer. Slegs diegene wat glo, kan Jesus se ware identiteit as Seun van God verstaan.

In die vertelling oor die reiniging van die tempel [2:13 - 22] kry ons nog 'n mooi voorbeeld van die deurbraak van die nuwe met die koms van Christus. Die booskap is duidelik : Iemand groter as die tempel van Jerusalem is hier. Jesus verplaas ook die tempel. Aanbidding van die lewende God is nie gebind aan 'n plek of tradisie nie, maar het te doen met die nuwe tempel, die Seun van God. God is nie net meer teenwoordig by die tempel nie maar meer in Sy Seun. God sal tussen die mense teenwoordig wees. 

In Joh 7:45-52 kom Nikodemus na Jesus, hy kom in die nag [daarom noem party mense Nikodemus die geheime dissipel of nagdissipel] van eie onkunde en onrus - na die bringer van die Goddellike insig om lig op te steek [vgl ook 9:4; 11:10 en 13:30] Hy noem Jesus 'n rabbie [3:2] - nie 'n gewone Joodse rabbi nie, maar 'n Leermeester wat van God af gekom het [3:2] Die vraag na Jesus se identiteit kom weer na vore. 'n Rabbi wat sulke wondertekens doen, kan net dit doen as God by Hom is [3:2] Jesus se identiteit dat Hy van die Vader af kom, klink vreemd maar verrassend helder in die mond van 'n Joodse Fariseer. Ver 2:25, "As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die Koninkryk van God nie sien nie [3:13]

Die Woord opnuut kan ook deur van bo vertaal word. Jesus praat van 'n geestelike geboorte wat van God kom. Nuwe geboorte beteken om Geestelik mens te word. God maak deur die Heilige Gees, die mens weer opnuut mens - God se Gees - telike mens [vgl Titus 3:5; 1 Pet 1:3,23; 1 Joh 2:29; 3:9; 4:7; 5:1,4,18] Joh 3:5 verduidelik Jesus. Om opnuut gebore te word, beteken om uit water en Gees gebore te word. Ons moet 'n bietjie delf om die uitdrukking water en Gees te verstaan. Verwys wat hier na natuurlike geboorte [vrugwater], na die Christelike doop, na Johannes die Doper se doop, na die rituele wassinge van die Jode, of dalk selfs na die Wet? Of verwys dit na die OT verlange na die tyd wanneer God se Gees uitgestort sal word [Joel 2:28] en God se volke vernuwe sal word met nuwe lewe [vgl Eseg 36:25-27]?

In hierdie Evangelie is water dikwels die simbool van die waarheid. Dit is Jesus Christus wat God bekend maak [4:14] Deur Jesus se woorde en optrede laat die Gees van God die nuwe aanbreek. Slegs die Gees kan iemand God se mens laat word. [3:6] Dan leef die nuutgeborene nog op aarde, maar dink en doen soos God wil. Net soos ons nie die wind kan sien nie, maar sy effek sigbaar is [3:8], so is die persoon wat opnuut gebore is se dade en optrede sigbaar. Net soos Moses die slang hoog op 'n paal gesit het sodat die volk deur daarna te kyk gesond kan word, so moet die Seun van die mens verhoog word, sodat die mens tot geestelike insig en verlossing kan kom [3:14-15]. Dit is 'n duidelike verwysing na Jesus se kruisdood. Sy verhoging is sy kruigsiging [8:28; 12:33-34] Jesus se kruisdood beteken nie Sy einde nie, maar word geteken as die triomf van Sy heerlikheid.  Volgens Johannes is God op Sy treffendste wanneer Jesus aan die kruis hang. Die doel van Jesus se verhoging is juis om vir die mens wat glo die ewige lewe te gee [3:15] En die ewige lewe word nie eers na die dood en opstanding verkry nie. Dit is nou reeds deel van elke gelowige se daaglikse lewe.

God se liefde vir die wereld is die begin van 'n liefdesketting. Die liefde van die Vader vir die Seun [3:35; 10:17; 15:9-10; 17:23-24, 26] die liefde van die Seun vir die Vader [14:31], Jesus se liefde vir sy eie, die dissipels [11:5; 13:1;33,34; 14:21; 15:9-10] en die dissipels [die gelowiges] se liefde vir mekaar [13:34-35; 15:12-13,17; 17:26] Die liefde waarmee ons mekaar moet liefhe [13:34], is nie maar 'n spontane toegeneentheid nie, maar God se liefde wat deur ons op aarde sigbaar gemaak word. Net soos God se liefde sigbaar geword het in die sending van Sy Seun, so moet ons liefde ook sigbaar getoon word.

Die doel van God se liefdesdaad is om die mens te verlos [3:17]. Verlossing, wederegeboorte en ewige lewe is verskillende beskrywings van die goeie wat God vir die mens skenk wanneer die mens die offer van Sy Seun in geloof aanvaar.

In die 21 verse verduidelik Johannes nie net die identiteit van Jesus as die Rabbi wat lewe en lig bring nie, maar ook die identiteit van die gelowige : die gelowiges is elkeen wat glo in die Seun van God, wat opnuut gebore is uit water en Gees, wat die ewige lewe ervaar deur nou reed in die lig te leef.

God is die Gewer wat lewende water gee [v 10] letterlik staan hier : lopende, vars water. Die lewende water dui op die lewe wat deur die Heilige Gees aan iemand gegee word omdat Jesus Christus as Verlosser aan die kruis gesterf het [vgl 7:38-39] Die water wat hierdie nuwe en groter Jakob gee, word 'n fontein wat opborrel en die ewige lewe gee [v 14] Lewende water is die gawe en die ewige lewe is die resultaat van die gawe. In die OT reeds [Jes 44:3] lees ons dat God Sy Gees sal uitstort soos strome water op die droe grond.

Die Seun van God bring 'n totaal nuwe bedeling. Deur Jesus word God nou as Vader geken en aanbid [v 23] Jesus het die waarheid van die Vader kom sigbaar maak. God is Gees [v 24] slaan op die Gees as God se gawe in die eindtyd, wat reeds aangebreek het. Die Gees bepaal God en mens se verhouding met mekaar. Jesus maak God bekend, en nou word nie meer geskryf oor die plek van aanbidding nie.

By die padkafee Sigar vind die vrou haarself wanneer sy Jesus se ware identeit vind. Eers is Hy meneer, dan profeet, dan Messias en, uiteindelik, Verlosser van die wereld. Jesus breek nie net die beperkende sameleweingsreels om met die Samaritaanse vrou te praat nie, maar stuur ook die boodskap van lewe oor alle grens heen die wereld in. die vrou se getuienis is 'n model vir sending.

Wanneer is geloof eers ware geloof? Geloof bot eers, dan kom die blommetjies, en daarna volg die vrug. Jesus se wondertekens laat iets in die omstanders ontwaak wat eers later sal vrugdra.

God vra wat Hy gee. Hy gee geloof en die mens moet net sy leer hande na Hom toe uitsteek en die groot gawe aanvaar. Die inwoning van Christus in die navolgers, en die navolgers op hulle beurt in Christus, het opwindende implikasies. Die navolgers se gebede word verhoor [15:7] Wanneer Jesus se nuwe opdrag om mekaar lief te he nagekom word. Die gebed wat verhoor word, is die versoek om soos 'n water dissipel vrug te mag dra. 'n Gelowige mag en moet vra dat die vrug nooi en oorvloedig sal wees! God verhoor die gebed deur die vrug te gee. Dit gee vir elke ernstige navolger nuwe perspektief. Die vrug wat sigbaar moet word is gewoond om lief te he.

Maar weet almal regtig wat dit beteken om lief te he? Dit is allermins net 'n toegeneentheid of 'n aangetrokkenheid of 'n intieme gevoel. Liefde is die waterval van kommunikasie tusssen Vader, Seun en Gees, en hierdie water spoel oor in die leefpoel van die navolgers. Dit vloei vanaf God, deur Sy Seun en Heilige Gees, en vuls ons met nuwe lewensin. Ons moet God se leefstyl sigbaar maak op aarde : God se ware liefde moet elke gelowige motiveer en sy hele lewe rig. God gee wat Hy vra. Hy gee Sy Seun as liefdesgawe en vra liefde as ons offergawe. Dit bring 'n lewe van blydskap mee [15:11] Jesus herhaal die nuwe gebod om mekaar met 'n nuwe intensiteit lief te he. [15:12,17]. Hy wil he ons moet liefde deurdat on in Hom bly soos Hy deur die Heilige Gees in ons bly.

Hoe dikwels trap 'n mens nie op die landmyn van die eie-ek nie! Dan ontplof die selfsug en ontsier jou lewe. Maar Jesus se vriendskap le juis daarin dat Hy uit liefde die hoogste prys betaal het : deur Sy dood het Hy van Sy volgelinge vriende gemaak [15:14] Die nuwe vriendskap word sigbaar deurdat die navolgers vrug dra, deurdat hulle mekaar liefhet.

Die prys wat liefde gekos het, is groot. Die waarde daarvan is net so groot, maar die herverkoopprys is bekostigbaar omdat God dit gee aan diegene wat glo. Die bevel om lief te he is nie nuut nie -

Die teendeel van liefde is haat. Dit is die kenmerk van die wereld [15:18] Haat is die sigbaar word van sonde. Sonde word ook sigbaar in alle gesindhede wat teenoor liefde stelling inneem. Vers 18 tot 19 se as jou oorpsrong die sondige wereld is, sal jou leefstyl haat wees. 'n Mens is of die produk van die sondige wereld of van Golgota. Iemand wat uit God gebore is en dus Kind van God is, leef die waardes van sy Ouerhuis uit.

Wat ookal voorle, God staan self in vir die voortgang van sy verlossing. Gewone kinder van God se menswees word in die hande van die Heilge Gees 'n fees van vrugdra. Die vrug wat by Golgota gebod het, word sigbaar in gewone gelowiges se daaglikse lewe van liefde.

Alles saam gevat Jesus was en is God, 'n God van liefde, genade en verlossing tot in ewigheid.

Skrywer Onbekend