El-Roi - Afrikaans

Studies

Gedigte

God

Israel

Profesiee

Satan

Die storie van die Coca-Cola Blikkie

Die storie van die Coca-Cola Blikkie
(Die moeitewerd)

Hierdie stukkie goeie nuus is ter nagedagtenis van Abrie de Bruin.
Abrie is gebore 16.07.79 en oorlede 28.02.92,
hy is deur 'n motoris doodgery.
'n Dag voor sy tragiese dood het hy die volgende
nota op sy lessenaar gelaat :
Hoeveel Coca-Cola's het jy al gedrink en nooit eers
gewonder hoekom die blikkie rooi is?
Wel hier is die storie:
"Die rooi stel die bloed van Jesus voor.
Die swart strepies is die sonde wat jy doen.
Die wit is reinheid wanneer jy jou sonde bely,
dan word jy rein.
 
Coca-Cola staan vir die volgende:
C-Come
O-on
C-children
A-Axept
C-Christ
O-our
L-Lord
A-Amen
 
Die woorde Coke staan vir:
C-Christus
O-ons
K-Koning
E-Ewig
 
Agter op is daar 340ml, in Klaagliedere 3:40 staan daar
dat jy jou tot die Here moet bekeer.
As jy dit doen dan gooi jy jou sondes weg
soos die  mannetjie agter op. Dan is jy 'n koningskind.
Dit word voorgestel deur die kroon.
En as jy nog twyfel of jou sondes vergewe
is dan kyk jy na die
SABS-handelsmerk. Dit is jou waarborg.
Wanneer die blikkie toe is en jy skud hom en
maak hom oop dan kook hy oor ;
so is dit ook as jy tot
bekering kom; dit borrel binne in jou."
 
Hierdie is die laaste woorde van 'n jong kind
wat Jesus in alles raak gesien het.