El-Roi - Afrikaans

Studies

Gedigte

God

Israel

Profesiee

Satan

Kersfees

Kersfees

Frik Lotz

30 November 1999

KERSFEES

Met Kersfees weer op hande sal ons as Christene die vraag moet vra wat die dag eintlik beteken. Daar word gesê ons herdenk die geboortedag van Jesus Christus op 25 Desember en daarom moet fees gevier word. Daar word allerlei duur geskenke gekoop, kersbome word orals opgerig, daar word geeët en gedrink en selfs vuurwerke word afgevuur – tog te lekker!

EERSTENS WAS DIT ‘N HEIDENSE FEES

25 Desember was die datum van Saturnalia, ‘n feesviering ter ere van die Romeinse god, Saturnus en was aangeteken op die Romeinse kalender as "Dies Natalis invicti Solis", ‘n dag van die geboorte van die onoorwinlike son.

Die Rooms Katolieke Kerk het daardie datum aangeneem as die geboortedag van Christus en so het die heidense tradisies vermeng geraak met die Christendom.

TWEEDENS HET JESUS NOOIT GESê ONS MOET SY GEBOORTE HERDENK NIE, MAAR WEL SY DOOD

Dit doen ons deur die gebruik van die heilige nagmaal en 1 Kor 11: 17 – 34 sê vir ons hoe dit gebruik moet word.

DERDENS IS JESUS NIE IN DESEMBER GEBORE NIE

Daar word algemeen aanvaar dat Jesus volgens die Joodse kalender in die maand Tishri gebore is wanneer die Loofhuttefees plaasgevind het – dit vind plaas in September/Oktober.

Dan weet ons ook dat dit Desember winter is in Israel, Volgens Luk 2:8 – 20 was die herders en hul skape nog in die veld gewees toe die engel aan hul verskyn het en Jesus se geboorte aangekondig het. Ons weet die skaapwagters en hul skape sal nie in die winter in die veld deurbring nie, maar hul skape op kraal hou.

Dit is duidelik dat ons as Christene nie nodig het om Kersfees te vier nie en liefs moet wegbly van sulke tipe dinge wat maar ‘n heidense oorsprong het.