El-Roi - Afrikaans

Studies

Gedigte

God

Israel

Profesiee

Satan

Verhoorde Gebed

Verhoorde Gebed

Hy’t vir krag gevra sodat hy kon presteer, maar hy’t swak geword, sodat hy gehoorsaamheid kon leer.

Hy’t gevra vir gesondheid sodat hy groter dinge kon doen, hy’t siekte ontvang sodat hy beter dinge kon doen.

Hy’t gevra vir rykdom sodat hy gelukkig kon wees, hy’t armoede ontvang sodat hy wys kon wees.

Hy’t gevra vir mag sodat mense hom sou roem.

Hy’t swakheid ontvang sodat hy sy behoefte aan God sou voel.

Hy’t gevra vir baie dinge sodat hy die lewe kon geniet, hy’t die lewe ontvang sodat hy alle dinge kon geniet.

Hy’t niks ontvang van alles wat hy gevra het nie en tog alles ontvang waarvoor hy gehoop het.

Sy gebed is verhoor!!!